Nywerheidsontwerp

'n Waterketel, Peter Behrens, 1909
'n Braun-stereo

Nywerheidsontwerp is 'n toegepaste kunsvorm waar estetika, ergonomie en bruikbaarheid van produkte verbeter word vir bemarkings- en vervaardigingsdoeleindes. Hierdie besondere ontwerpproses word toegepas op produkte wat vir industriële massavervaardiging gestandardiseer kan word. Sodoende is die ontwerp van 'n produk losgemaak van sy vervaardiging en word sy vorm en kenmerke vasgelê voor die fisiese produksie daarvan. In hierdie opsig verskil nywerheidsontwerp merkbaar van die tradisionele ambagtelike ontwerpproses waar die vorm van 'n produk op die tydstip van sy vervaardiging bepaal word.

Die rol van die nywerheidsontwerper is om oplossings te vind en uit te voer vir ontwerpprobleme wat verband hou met teenlopende dissiplines soos ingenieurswese, bemarking, handelsmerkontwikkeling en verkope.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search